16 dae gelede
SABC kry stellig geldjies
MIN. Stella Ndabeni- AbrahamsFoto: GCIS  ~ 

DIE SABC kry môre R2,1 miljard van die tesourie, het Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, Vrydag gesê.

Die SABC het onlangs erken hy’t in die boekjaar 2018-’19 ’n verlies van R482 miljoen getoon. Hy’t die tesourie vir ’n kontantinspuiting van R3,2 miljard gevra, maar moes aan ag voorwaardes voldoen.

Die uitsaaier voldoen net aan vyf vereistes. Die tesourie gee dus dié bedrag nou en die oorblywende R1,1 miljard sodra die SABC aan alle vereistes voldoen. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters