Verlede maand
Raadslid beswyk
festus matshogo
Die woning is verlede week met petrolbomme bestook.  ~ Daily Sun

’N RAADSLID van die Wes-Randse ANC het beswyk aan sy brandwonde nadat sy huis in Mohlakeng, Randfontein, laas Sondag met petrolbomme bestook is, het die party Donderdag gesê.

Zaza Machakela, ANC-woordvoerder, sê: “Die Wes-Randse ANC veroordeel die barbaarse aanval op rdl. Festus Matshogo en sy bure. Ons vra die gemeenskap van Mohlakeng om met inligting uit te kom sodat wetstoepassers dié barbare aan die pen kan laat ry.

“Ons betuig ons opregte en innige medelye met comrade Matshogo se familie, kollegas en vriende.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters