2 maande gelede
Prez ontmoet klein Daisy
WOW! Pres. Cyril Ramaphosa en Daisy Ngedle. Foto: TWITTER  ~ 

PRES. Cyril Ramaphosa het sy belofte aan ’n meisietjie genaamd Daisy Ngedle (8) nagekom deur Vrydag vir haar in Buffalo-stad in die Oos-Kaap by haar skool te gaan kuier.

Die besoek volg nadat Daisy ’n kleurryke brief aan die president geskryf en gevra het: “Kan meisies ook presidente wees?”

Ramaphosa het Woensdag teruggeskryf: “Meisies kan vandag enigiets wat hulle wil in die wêreld wees. Hulle kan onderwysers of wetenskaplikes of ruimtevaarders wees – en om jou vraag te beantwoord, ja, hulle kan presidente ook wees.”

Daisy en haar klasmaats het geglo hulle sal die president via Skype ontmoet, maar toe verras hy hulle deur in hulle klaskamer uit te steek om Daisy te ontmoet. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters