5 maande gelede
Politici se promises short altyd dié ding
JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - MAY 05: Faith Mazibuk
Gauteng’s ANC MEC for sport, arts, culture and recreation, Faith Mazibuko. (Supplied, Gallo images)  ~ 

’N RECORDING waarin die Gautengse LUR vir sport en ontspanning, Faith Mazibuko, werknemers aanjaag om fasiliteite klaar te bou sodat dit as election tools gebruik kan word, is net weereens ’n bewys van hoe ver politieke partye sal gaan om stemme te werf.

In dié audio clip behandel Mazibuko die direkteure in haar departement nie net soos klein kindertjies nie, sy stel dit ook duidelik dat sy met die blitsige voltooiing van dié sportfasiliteite stemme wil score.

Sowat twee maande voor die algemene verkiesing in Mei is alle politieke partye naarstig daarop uit om aan die volk te wys húlle behoort die partyof choice te wees.

Die Wes- en Oos-Kaap is nie uitsonderings nie. ’n Sekere politieke party belowe ’n Wes-Kaapse polisiemag om met misdaad in die provinsie te deal. Die einste politieke party het ’n vet behuisingstender toegestaan aan die vrou van ’n gangster-dikding. Nou claim hulle ewe hulle het nie geweet van die verwantskap tussen die twee nie!

Geplunder

’n Ander politieke party cover selfs die koste van learner’s en driving tests.

Dan is daar ’n party wat steeds ’n beter lewe vir almal beloof – en dít nadat die staatskas jare lank geplunder is. Ons almal weet hierdie sogenaamde beter lewe is net dié met poli­tieke connections beskore.

Snaaks genoeg belowe nie een van die meer as 300 politieke partye wat aan die nasionale verkiesing wil deelneem, om ’n slag op te hou lieg nie.

Suid-Afrikaners is nie dom nie. Elke dag gaan daar ’n lig by ons op (ongelukkig nie by Eskom nie) dat ons stemme net gebruik word om vir ’n few ’n cosy life te verseker. Dít terwyl die res van ons in die donkerte krepeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters