4 maande gelede
Pille ‘keer MIV-oordrag’
Besmet: Die groen kolletjies is waar die MI-virus voorkom. Foto: WIKIMEDIA  ~ 

MEDISYNE wat MIV onderdruk, kan die vigs-virus “onoordraagbaar” maak, selfs onder couples wat sonder kondome seks, het nuwe navorsing gewys.

Die studie het byna 1 000 gay paartjies oor ’n periode van ag jaar gemonitor waar een partner MIV-positief is en antiretrovirale terapie (ART) kry, terwyl die ander een MIV-negatief is.

Die dokters het in daai tyd nie een geval van MIV-oordrag onder die paartjies gevind nie. Dit bring die hoop dat omvattende ART-programme nuwe besmetting uiteindelik kan stuit.

“Ons bevindings gee afdoende bewys vir gay mans dat die risiko vir MIV-oordrag met onderdrukkende ART zero is,” sê die navorser Alison Rodger van die University College London. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters