Verlede maand
Pasop vir election-rowers
SCAM: Die rowers wil kamma jou ID in jou huis vir die verkiesing check. Foto: FIN24  ~ 

SUID-AFRIKANERS word gevra om wakker te wees vir kroeks wat hulle voordoen as beamptes van binnelandse sake.

Dié skelms gebruik die naderende verkiesing in hulle scam om mense te beroof.

Hierdie “election robbers” kom tot by jou huis en maak asof hulle van binnelandse sake is. Hulle het briewe met die departement se logo daarop en hou dan vol hulle is van die department en kom check of jou ID reg is vir die verkiesing.

Dan as die skobbejakke eers in jou huis is, rob hulle jou.

Die departement se waarnemende direkteur-generaal, Thulani Mavuso het in ’n verklaring gesê “Ons kom nie na jou huis om jou ID na te gaan nie. Jy as burger kom na ons vir ID’s en ander dienste.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters