4 maande gelede
Padprojekte tref pothole
SUKKEL: Padwerke in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Limpopo is ver van klaar af.Foto: biznisafrica.com  ~ 

VIER padprojekte is gebriek nadat Group Five en Basil Read in ’n doodloopstraat beland het.

Die waarde van die projekte beloop amper R2,3 miljard.

Group Five is 45 jaar oud, maar het dié maand aansoek gedoen vir beskerming teen bankrotskap. Basil Read het verlede jaar dieselfde gedoen.

Minder staatsprojekte vir infrastruktuur en Suid-Afrika se swak ekonomie het die bou­bedryf hard getref.

Group Five en Basil Read het Sanral-tenders gekry om die hoofweë in die Wes- en Oos-Kaap en Limpopo te ver­beter. Sanral het aan Business Insider gesê hy werk met die ver­sekeraars saam om “ervare kontrakteurs met die geskikte kwalifikasies te kry om die werk klaar te maak”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters