2 maande gelede
OVK: Dís hoe kiesers rol
STEMTYD: Die OVK is in beheer. Foto: WIKIMEDIA  ~ 

DIE Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het sy kiesersrol gesertifiseer.

Daar is 26,75 miljoen stemgeregtigdes – 1,3 miljoen meer as in 2014. Die OVK het Vrydag gesê sedert sy ontstaan in 1999 het die kiesersrol met meer as 47% gegroei.

Die kieserstal is tans die hoogste nóg. Uit die stemgeregtigdes vir die verkiesing op 8 Mei is 55% vroue.

Gauteng het die meeste geregistreerde kiesers (6,3 miljoen of 23,8%). KwaZulu-Natal is tweede met 5,5 miljoen kiesers (20,6%) en die Oos-Kaap derde met 3,3 miljoen (12,5%).

Die Wes-Kaap het 3,1 miljoen (11.6%) en die Noord-Kaap het met 600 000 mense die minste geregistreerde kiesers (net sowat 2%). News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters