4 maande gelede
Ou word eie honde se kos
Ruan van StadenFOTO VERSKAF  ~ 

’N JONG man (20) van Ermelo is deur sy eie honde aangeval en doodgemaak. Ruan van Staden, ’n trailer-bouer, is Donderdag 11:00 dood.

Bester Maree van ACSU Security het dit gesien gebeur en hy sê dit was grusaam. “Die erf was vol bloed en hy’t in ’n plas bloed gelê.”

Maree sê die honde het aan Van Staden se kop en nek vasgebyt en hom rondgetrek.

Sy klere was alles van sy lyf af geskeur.

Maree het gehol om sy gun te kry en die honde af te skrik, maar ná die knal het hulle voortgegaan met die aanval.

Die sekuriteitsman weet nie hoekom die ou se honde teen hom gedraai het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters