Verlede maand
Onraad gemerk met pen
MaKlik: Die partye kla oor daardie ink. Foto: AFP  ~ 

DIE Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) soek antwoorde oor die verdagte merkpenne wat by stempunte gebruik is.

Sommige mense het gekla die ink was nie onuitwisbaar nie. Dis veronderstel om minstens sewe dae sigbaar te wees om te identifiseer wie gestem het. Luidens talle verslae het vanjaar se ink maklik afgekom. Politieke partye kla dít kon gemaak het dat sommige mense twee keer gaan stem het.

Tender­dokumente wys ’n tender van R2,7 miljoen, vir duisende penne, is toegeken aan ’n filiaal van Bidvest.

Die formule vir die ink is ’n geheim, maar ’n kenner sê hy dink dit het so maklik af gekom omdat iemand afgeskeep het met die silwer daarin. businessinsider.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters