7 maande gelede
Nóg ’n skok tref SA met beurtkrag
Load shedding
 ~ 

DIE natuur is ook nou teen Eskom.

Die kragvoorsiener moes vanmiddag fase 4-beurtkrag landwyd instel weens die nadraai van die sikloon wat in Mosambiek woed.

Volgens Eskom het hy weens die storms in Mosambiek ’n allemintige 900 MW elektrisiteit verloor wat van daar af ingevoer word.

Eskom het eers vanoggend aangekondig dat hy fase 2-beurtkrag van 08:00 tot 23:00 sou instel weens ’n gebrek aan kapasiteit.

Enkele ure later het Eskom egter via Twitter laat weet dat fase 3-beurtkrag in werking sou tree, en toe die aankondiging dat fase 4-beurtkrag op Suid-Afrikaners se brood sou wees.

Tariefverhoging

“Die situasie is tans wisselvallig en verdere beurtkrag kan ingestel word as die situasie gaan versleg,” het Eskom in ’n verklaring gesê.

Eskom voeg by afhangend van sy situasie kan die instel van beurtkrag ook ’n groot moontlikheid in die komende week wees.

’n Tariefverhoging van 9,4% is onlangs deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) aan Eskom toegestaan.

Dié verhoging is beskryf as nóg ’n low blow vir die verbruiker wat reeds vuisvoos geslaan word deur brandstofprysverhogings.

Dit lyk egter nie asof dié verhoging enigsins Eskom se droewige diens sal verbeter nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters