7 dae gelede
NHI impress opposisie nie
OMSTREDE: Die NHI is op pad. Foto: WIKIMEDIA  ~ 

AL VERWELKOM die ANC en Cosatu Donderdag se indiening van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NHI) in die parlement, is opposisiepartye minder beïndruk.

Sibongiseni Dhlomo, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid, het die indiening daarvan deur Zweli Mkhize, minister van gesondheid, verwelkom.

Hy sê dis nog nie na die komitee verwys nie, al is dit al voor die parlement.

Siviwe Gwarube, DA-LP en woordvoerder oor gesondheid, is minder entoesiasites. Sy sê: “Die wetsontwerp, soos dit nou is, sal op geen manier algemene gesondheidsdekking kan vermag nie.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters