Verlede maand
Moody's gee Suid-Afrika 'n blaaskans
goeie nuus: Moody’s het besluit om Suid-Afrika eers ’n break te gee. Foto: REUTERS  ~ 

MOODY’S se besluit om die asses­sering van Suid-Afrika se kredietgradering te skip, is volgens kenners goeie nuus vir die rand.

Die land se kredietgradering bly onveranderd op Baa3, die laagste vlak vir beleggingsgradering.

Na dié aankondiging het die rand verhandel tussen R14,43 en R14,49 teenoor die Amerikaanse dollar.

Bianca Botes, die korporatiewe tesourie-bestuurder by Peregrine Trea­sury Solutions, sê hulle verwag dat die rand vandeesweek sal versterk, tensy daar iets onverwags in Turkye gebeur.

Intussen sê prof. Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit se besigheidskool dat Moody’s se besluit Suid-Afrika ’n bietjie van ’n blaaskans gee.

“Moody’s se verrassende besluit om Suid-Afrika se kredietgradering nie in hierdie stadium te update nie, word verwelkom en gee die land ’n kans om sy ekonomiese en fiskale huis in orde te kry.

Kabinet

“Hoewel Moody’s nie ’n rede vir sy besluit verskaf het nie, is dit moontlik dat dié kredietgraderingsagentskap die komende verkiesing in ag geneem het, asook die onsekerheid wat tans daaroor heers,” het Parsons gesê.

Ná die nasionale verkiesings in Mei gaan Moody’s en ander kredietgraderingsagentskappe heel moontlik meer duidelikheid wil hê oor sleutelkwessies soos beleidsveranderings, die kabinet en die toekomstige ekonomiese rigting wat SA beoog om in te slaan. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters