Verlede maand
Ma glo kêrel is dogter se moordenaar
vermoor: Shantel Brown se lyk is in ’n drein gevind. FOTO verskaf  ~ 

SY GLO vas dat haar dogter se vervreemde kêrel agter haar wrede moord sit.

Só het antie Ann Brown (70) aan Son op Sondag vertel nadat Shantel Brown (37) se tenger liggaam onlangs enkele meter van haar woning gevind is. Haar begrafnis was gisteroggend.

Haar kêrel, Ivan “Faroekie” Matroos (48), met wie sy in Sonop, Nababeep, ’n woonkwartier gedeel het, is die hoofverdagte. Hy het reeds vroeër aan die cops vertel dat hy haar “net” gewurg het tydens ’n struweling die vorige Saterdagaand.

Die vermoede bestaan nou dat sy bewusteloos of al dood was toe hy haar lyk gaan dump het.

Beplan

Die Brown-gesin moes egter vir vyf dae wag en hoop voordat haar lyk in ’n drein buitekant hul woning gevind is. ’n Munisipale werker was besig om die drein leeg te laat suig toe hy onraad merk.

“Wie sou kon dink dat hy die lyk daar sou gaan wegsteek? Ons, die cops (én Matroos) het orals gesoek en niks gevind nie. Maar hy hét die moord vooruit beplan. Hy het mos openlik vertel dat hy haar gaan doodmaak as hy haar nie kan terugkry nie,” het Brown hartseer vertel.

Volgens ’n ingeligte het Matroos vermoedelik gevlug na De Aar, waarvandaan hy oorspronklik kom.

Mense wat weet waar hy hom bevind, word gevra om kapt. Denver Cloete te bel by 071 881 5812.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters