4 maande gelede
Leerders ‘is oppie palie’
JÔ-JÔ-JÔ! Dis glo die hoof se werk. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIE hoof van ’n hoërskool in Daveyton is summier geskors nadat dit op die lappe gekom het hy’t twee van sy leerders preggies gemaak.

Steve Mabona, Gautengse onderwyswoordvoerder, het die prinsipaal se skorsing Vrydag aan News24 bevestig.

Mabona sê lede van die onderwysdepartement, insluitend die LUR Panyaza Lesufi, het Donderdag by die skool opgedaag en die kennisgewing van sy skorsing op die skoolhoof bestel.

Mabona sê: “Ons sal aan die meisies en hulle ouers berading bied. Die ondersoek duur voort.”

EFF-lede wat voor die skool betoog het, het gecheer toe die polisie die palie vanaf die skoolperseel vergesel het, berig die dagblad Sowetan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters