Verlede jaar
Kudde val vir sy ma-Jik trick
EISJ: Die suster sluk maar. Foto: TWITTER  ~ 

DIE “profeet” Rufus Phala, wat die oë laat rek het toe hy sy lidmate Dettol laat drink het, is weer besig met sy streke.

Dié keer laat die herder van die Ark Centre Ministry in Makgodu buite Polokwane sy lidmate Jik drink! Hy sê vir hulle dis nie Jik nie; dis Jesus se bloed, berig Daily Sun.

Dokters waarsku Jik is gevaarlik. Dit kan die gorrelpyp en maag opvreet.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê geen klagte is al ontvang nie. Hy sê die lidmate moet ’n saak maak sodat hulle dit kan ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters