2 maande gelede
Khoza los Outa
Dr. Makhosi Khoza  ~ lindile mbontsi

DIE Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het bevestig sy uitvoerende direkteur en hoof van sy program vir plaaslike regering, Makhosi Khoza, het bedank.

In ’n brief wat News24 onder oë gehad het, deel Khoza haar dankbaarheid teenoor Outa vir die kans om met hom saam te werk en betuig sy haar “diepste waardering” aan alle lede en die raad.

As teenstander van oudpres. Jacob Zuma het Khoza in 2017 uit die ANC bedank en haar eie party, African Democratic Change, gestig. Sy’t haar party gelos voordat sy Outa in 2018 gejoin het. Khoza wil nou glo akademies besig raak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters