7 dae gelede
Kern-afval raak te veel
Die Koeberg-kragstasie  ~ Mark Wessels

ESKOM het dié week gesê die Koeberg-kernkragsentrale se stoorplek vir radioaktiewe afval raak vol, daarom bou hy ekstra ruimte vir dié doel.

Koeberg, net buite Kaapstad, wek 1 860 MW krag op (sowat 4% van Suid-Afrika se lewering).

Melita Steele van Greenpeace Africa waarsku: “Suid-Afrikaners sal nie net meer moet opdok vir meer stoorplek vir hoëvlak- radioaktiewe afval nie, daar is ook nog geen langtermyn-oplossing vir dié afval wat honderde duisende jare radioaktief kan bly nie.”AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters