4 maande gelede
Kerkman se ID is fake
’n BESPOTTING: Die omstrede opstanding uit die dode. Foto: twitter  ~ 

DIE ID van een van die mense wat weens die “opstanding-saak” gearresteer is, is vals, het die Johannesburgse landdroshof Vrydag gehoor.

Nkululeko Dlamini (35) en Silungisani Grace Sibanda (40) het hof geloop nadat hulle aangekeer is op klagte van bedrog toe hulle ’n man by Alleluia International Ministries in Februarie kastig uit die dood opgewek het.

Die saak is laas Woensdag uitgestel om vas te stel of Dlamini se SA ID en paspoort wettig is. Vrydag het die hof gehoor binnelandse sake se ondersoek het aan die lig gebring die identiteit is vals en word deur drie ander mense ook gebruik! – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters