Verlede maand
Karima pak Juju
 ~ 

DIE kletsprogram-aanbieder en politieke kommentator Karima Brown sleep Julius Malema, leier van die EFF, hooggeregshof toe nadat sy rape- en doodsdreigemente ontvang het.

Die dreigemente volg nadat Malema Brown se selnommer sonder haar toestemming op Twitter gepost het.

Brown het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) genader en gevra vir ingryping teen Malema en sy party.

Sy het ook ’n klag van intimidasie by die Rosebank-polisiestasie in Johannesburg teen die EFF en sy leiers aanhangig gemaak. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters