Verlede maand
Jiba, Mrwebi uit
Adv. Nomgcobo Jiba  ~ 

PRES. Cyril Ramaphosa het advv. Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi gefire, het Khusela Diko, woordvoerder van die presidensie, Vrydag bevestig.

Dit volg nadat die afgetrede regter Yvonne Mokgoro aanbeveel het die president skop dié twee uit die NVG.

In haar verslag wat dié week uitgelek het, beveel Mokgoro aan Jiba moet as adjunkdirekteur van nasionale vervolging en Mrwebi as spesiale direkteur van openbare vervolgings afgedank word.

Mokgoro sê Jiba se gedrag wys ’n gebrek aan pligsgetrouheid en Mrwebi se optrede wys hy het geen integriteit nie. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters