6 maande gelede
Home affairs oop
Talle Oos-Vrystaters is moeg daarvoor om in lang rye by die departement van binnelandse sake in Bethlehem te wag omdat die rekenaarstelsels na bewering stadig werk.Foto: Martinette Hay  ~ 

BINNELANDSE sake het sy werksure vir sekere groot kantore landwyd verleng.

Die departement het Donderdag in ’n verklaring gesê dis om die toename in kliënte en lang rye te vermy wat laas jaar dié tyd ervaar is. Sekere kantore sal nog van 08:00 tot 15:30 oop wees, terwyl ander tot 11 Januarie van 07:00 tot 19:00 sal sake doen.

Die departement moedig mense aan wat aansoek gedoen het vir die nuwe ID-slimkaart en wat in kennis gestel is dat hulle kaart gereed is om afgehaal te word, om dié geleentheid te benut om hulle kaart te gaan optel. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters