Verlede maand
Hoë in arres vir moord
Ntuthuko MahlabaFoto: ANC van KZN  ~ 

’N VERDAGTE, vermoedelik Newcastle se burgemeester, Ntuthuko Mahlaba, is op ’n klag van moord gearresteer.

Reneilwe Serero, woordvoerder vir Bheki Cele, die minister van polisie, het net bevestig ’n “senior beampte van die munisipaliteit” is gearresteer nadat hy gevra is om te bevestig of dit Mahlaba is wat vas is vir die moord op Wandile Ngobeni, voormalige lid van die ANC-jeugliga, en wat gelink word aan die poging tot moord op nóg ’n lid.

Mahlaba is dié maand as mayor ingehuldig. Hy is ook die voorsitter van die ANC se Emalahleni-streek.

Die verdagte verskyn binnekort in die hof. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters