2 maande gelede
Groepe veroordeel rassis
Adam CatzavelosFOTO VERSKAF  ~ 

DIE Suid-Afrikaanse alliansie van Grieke, Italianers en Portugese (HIP) distansieer hom van Adam Catzavelos se rassistiese aanmerkings terwyl hy in Griekeland op vakansie was.

Catzavelos van Joburg het op ’n strand ’n video gemaak en gesê: “Nie een k*ff*r in sig nie. F*kk*n hemel op aarde …”

Hy’t sedertdien sy werk in die familiebesigheid verloor. Die EFF het ’n klag van crimen injuria teen hom gelê. Hy’s ook by die Menseregtekommissie verkla, berig News24.

Die HIP-alliansie sê in ’n ver­klaring hy werk met eendersdenkende organisasies saam om ’n SA samelewing te skep waarin alle groepe saamleef. Hy sê Catzavelos se woorde is onverantwoordelik en beroof mense van hulle waardigheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters