10 maande gelede
Girl op vlug moet groet ná rassisme
skoert: Alochna Moodley moes agterna die vliegtuig verlaat. Foto ter illustrasie:NETWERK24  ~ 

’N KULULA-PASSASIER wat twee medepassasiers en die loods die k-woord genoem het, het haar werk verloor.

Daarna het die twee passasiers weer bymekaar uitgekom om sin van die voorval te probeer maak.

Die firma SMC Pneumatics het bevestig Alochna Moodley werk nie meer vir die maatskappy nie. Dit volg nadat ’n dissiplinêre proses oor die voorval van stapel gestuur is.

Dis nie duidelik watter posisie Moodley in die maatskappy beklee het nie.

Die maatskappy het gesê hy duld geen vorm van rassisme nie en Moodley is as gevolg van die voorval haar werk kwyt.

Moodley (26) het verlede Vrydag tussen twee mans – eerw. Solomuzi Mabuza (44) en die drywer Sibusiso Magubane (37) – op die 22:40-vlug van OR Tambo Internasionaal na Durban gesit.

Frustrasie

Mabuza het haar uitgewys nadat hy opgemerk het sy verwys met die k-woord na hulle en die vlieënier in ’n boodskap wat met groot letters op haar selfoon getik is.

’n Geskokte Mabuza het die vlugbemanning in kennis gestel en Moodley is van die vliegtuig afgeskop.

Moodley het haar sosiale media-profiele intussen verwyder, maar het aan die Sowetan gesê sy het die k-woord uit frustrasie gebruik omdat die vlug vertraag was en het gesê sy voel die voorval word uit verband geruk.

“Dit was ’n fout van my kant af; ek gaan dit nie probeer ontken nie,” het sy gesê.

Mabuza en Magubane het intussen weer ná die voorval ontmoet.– News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters