Verlede jaar
Geld nodig ná zap sign
VINGER-GRAFIEKFoto: FIN24  ~ 

’N CROWDFUNDING-POGING is pas op Thundafund begin om geld in te samel om die boete van R100 000 te betaal wat die belegger James Gubb vir sy “Gupta-aandeleprys-kuns” gekry het.

Die Raad op Finansiële Dienste (FSB) het Gubb beboet vir ’n oortreding van die Wet op Finansiële Markte.

Die FSB sê in Maart het Gubb ’n “valse en misleidende verskynsel” van handelsaktiwiteite geskep toe hy aandele van die Gupta-firma Oakbay tussen twee van sy rekeninge verhandel het.

Toe die grafiek uitgestip is, het die aandeelpryse die buitelyn gehad van ’n vuis wat sy middelvinger wys. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters