2 maande gelede
Geen zigzags oor riool
gekanselleerFoto ter illustrasie: wikimedia  ~ 

’N KOMPETISIE wat die naweek by Noordstrand in Durban gehou sou word, is weens veiligheidsredes afgestel.

Die Zigzag Durban Surf Pro sou van Vrydag tot Sondag plaasvind. Daar beland egter soveel riool van die hawe af in die omliggende gebied dat dit te gevaarlik is. Die kom­petisie is as gevolg hiervan gekanselleer, is Vrydag op Zigzag se website bevestig.

Die stad waarsku in ’n verklaring sowat 720 000 F riool vloei elke uur by die hawe in. Die rioolpompe is verwyder omdat hulle parte nodig het.

Die stortsel sal na verwagting op die vroegste teen 31 Mei in bedwang gebring kan word. – Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters