Verlede maand
Familie vies oor diens van ondernemer
HEENGEGAAN: Anna Koopman se familie was nie hêppie met haar begrafnis nie. FOTO VERSKAF  ~ 

’N GESIN van die Noord-Kaap is steeds hartseer ná hulle moeder se begrafnis, maar veral oor die lykbesorger se “truuks”.

Hulle voel die lykbesorger het ’n deel van die tannie se polisgeld “geslice”.

Die Koopman-familie het laas Saterdag hulle ma, Anna (85), in die woonbuurt Bergsig naby Springbok begrawe.

Volgens ouma Anna se seun, Abe, het hulle voor die begrafnis probleme met die SA Volksvereniging Lykbesorgers opgetel.

Hulle het net ’n skamele R3 000 gekry om haar te ruste te lê.

Hy sê: “My ma was vir 32 jaar lid van hulle en toe kom die skok toe ons verneem wat alles hulle dek. Ons is baie ongelukkig hieroor.”

Ongoddelik

Volgens Helen Cloete, een van die dogters, het haar ma die laaste vyf jaar ongeveer R63 per maand betaal. Dit alleen was meer as R3 000. Sy wonder nou wat van die geld van die vorige 27 jaar se premies geword het.

Regina van der Westhuizen, ’n ander dogter, het hartseer en gebroke haar gevoel uitgestort. “Dit is ongoddelik om ná 32 jaar net R3 000 te gee vir ’n begrafnis. Intussen moes ons self haar gat grawe en uitbou teen ongeveer R2 000.”

Die Koopmans is ook die joos in vir SAVVL omdat hulle self R1 200 vir die programme, kruis en ruikers moes betaal. Boonop moes hulle R4 200 uitgee om hulle ma in ’n beter kis te begrawe as die “tamatiekis” van SAVVL.

In totaal het hulle ’n ekstra R7 400 uit hulle eie sakke gegee. Hulle oorweeg nou regstappe.

Katrina Prins, eienaar van SAVVL, is ook genader.

Sy sê: “Die Koopmans is onredelik. Waar kan ’n mens nog vandag iemand begrawe met R3 000? Ek het dit vroeër aan die een suster vertel. Hulle ma was net vir R3 000 gedek en dis die volle waarde wat hulle gekry het! Ek het buitendien ekstra moeite gedoen ...”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters