8 dae gelede
Eskom trek weer draad
Son Sak: Dis weer nag by Eskom. Foto: TITO  ~ 

ESKOM het Woensdag gewaarsku die land kan weer in maande van beurtkrag verval – en binne 24 uur was die eerste blackout daar.

Erger nog, die nutsdiens sê hy verwag die beskikbaarheid van krag gaan tot vroeg volgende jaar aanhou daal en seker eers teen die winter herstel tot die huidige vlak.

Eskom het Donderdag aangekondig hy gaan 1 000 megawatt uit die grid sny. Dié syfer is Vrydag verdubbel vir ’n onderbreking van 13 uur.

Vir Suid-Afrikaners beteken dit terug na 2008 en 2015, toe almal met kerse rondgesit en die water uit hulle vrieskas opgemop het tydens maande van beurtkrag. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters