6 maande gelede
Eskom: Dit gaan beter
NAG: Beurtkrag is moontlik gou weer ons voorland.Foto: online khabar  ~ 

ESKOM sê sy steenkoolvoorraad het in die feestyd ver­beter terwyl hy ook by sy kragstasies instandhoudingswerk uitgevoer het.

Die land se kragnetwerk is egter steeds onder druk en beurtkrag kan ingestel word wanneer fabrieke en ander besighede hulle sake hervat.

Khulu Phasiwe, ’n Eskom-woordvoerder, het Donderdag gesê ’n voorligtingsessie sal dié week volg om die stand van sake te verduidelik.

Phakamani Hadebe, Eskom se CEO, het in Desember gesê fase 1-beurtkrag kan vanaf 15 Januarie ingestel word.

Phasiwe sê die steenkool-voorraad is ietwat beter. Daar is genoeg vir 30 dae. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters