4 maande gelede
Doris Day se dae nie verby
Doris DayFoto: People.com  ~ 

DIS nog lank nie verby met Doris Day nie.

People.com berig die legendariese Hollywood-aktrise het op 3 April haar 97ste verjaardag in Carmel, Kalifornië, gevier met koek en roomys.

Day het ’n verjaardagportret met die wêreld gedeel en dankie gesê vir die vorige naweek se event waar haar liefdadigheidsorganisasie, die Doris Day Animal Foundation, haar romantiese komedie Pillow Talk uit die jaar 1959 vertoon het.

Day was in dié fliek te sien saam met die aantreklike Rock Hudson.

Day woon nou al 40 jaar rustig in Carmel en samel geld in vir dieresorg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters