4 maande gelede
Die ANC se jeugliga wil nie killers hê
afgemaai: Sindiso Magaqa is in September 2017 in KwaZulu-Natal doodgeskiet.Foto: NETWERK24  ~ 

DIE ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal het ’n beroep op sy provinsiale uitvoerende komitee (PUK) gedoen om diegene in die party wat tans deur moordklagte in die gesig gestaar word, te recall.

News24 berig dié oproep kom nadat ’n senior lid van die ANC, Ntuthuko Mahlaba, burgemeester van Newcastle, Vrydag glo gear­resteer is in verband met die sluipmoord in Mei 2016 op die voorma­lige jeugliga-lid Wandile Ngobeni.

Mahlaba is ook die voorsitter van die ANC se Emalahleni-streek.

Sy arrestasie volg net dae nadat die Harry Gwala-distriksburgemeester, Mluleki Ndobe, aangekeer is vir die moord op die voormalige ANC-jeugliga-sekretaris Sindiso Magaqa.

Die jeugliga sê die arrestasies van ANC-lede is besig om die party skade te berokken.

Ondersoekwerk

Volgens die jeugliga is dit meestal sy leiers wat geteiken word in die sinlose moorde in die provinsie.

Die jeugliga het die Valke en polisie bedank vir die puik ondersoekwerk wat hulle verrig het.

“Ons doen weereens ’n beroep dat diegene agter die political killings met die volle mag van die gereg te doen kry,” het die jeugliga in ’n verklaring gesê.

Ndobe (44) het reeds saam met die verdagtes Sbonelo Myeza (39), Mbulelo Mbofana (34) en Zweli­phansi Skhosana (48) in die Umzimkhulu-landdroshof verskyn op een klag van moord en twee klagte van poging tot moord, berig News24.

Ndobe is derde op die ANC se provinsiale lys in KwaZulu-Natal en het nie gepleit nie.

Die saak teen hom en sy mede­beskuldigdes is uitgestel tot môre en Dinsdag, wanneer ’n formele borgtogaansoek aangehoor sal word.

Magaqa is in September 2017 aan sy wonde dood.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters