Verlede maand
De Villiers se dogter verloor kankerstryd
odille monk,peter de villiers
Odille Monk, dogter van oud-Springbok breier Peter de Villiers.  ~ Facebook

HY KON nie dié reis ook meemaak nie.

Peter de Villiers, oud-breier van die Springbokke, se dogter is Sondagoggend oorlede.

Limfoom, ’n soort kanker, is in 2018 by Odille Monk gediagnoseer nadat ’n gewas in haar borskas gevind is. Sy was ’n pilates-instrukteur.

De Villiers het sy dogter in elke chemo-sessie bygestaan.

Odille moes sedert haar kankerdiagnose elke derde week ag chemo-sessies deurmaak.

Peter nie een gemis nie en het ure langs haar gesit en haar bemoedig.

In ’n vorige onderhoud met Huisgenoot vertel de Villiers dit was nie altyd maklik nie.

“Die krag van die Here het ons deur dié moeilike tyd gedra.”

Huldeblyke

De Villiers het selfs so ver gegaan om sy hare af te skeer om bewusmaking van kanker te bevorder.

Intussen stroom huldeblyke in. Die sangeres Amy Jones sê: “God het jou huis toe geroep, my vriendin. Al wat ek jou hoor sê, is: ‘Ek wil hê die reis waarop ek is, moet ander hoop gee om in liefde te lewe en die meeste van elke minuut te maak. Die lewe is kort.’ Jy is die bravest mens wat ek ken, Odille.”

Op Facebook het De Villiers sy profile-foto swart gemaak.

Pieter Lourens, skoolhoof en rugbylegende in die Paarl, skryf op Facebook: “Peter en Theresa, ons is so jammer. Dit is ’n proses wat vergesel word met hartseer – hartseer en pyn wat nie beskryf kan word nie.

“Haar herinneringe sal altyd met julle bly.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters