16 dae gelede
Beter net-kabel in pyplyn
AFRIKA-KABEL Foto:BUSINESS INSIDER  ~ 

FACEBOOK, MTN, Vodafone en ander wil teen einde vanjaar die grootste ondersese kabel in Afrika begin lê.

Die 2Africa-kabel van 37 000 km sal na verwagting in 2023 of 2024 gereed wees.

Dis die eerste kabel wat die hele Afrika sal bedien. Dit sal meer kapasiteit hê as ál die huidige kabels vir die vasteland tesame.

Die kabel gaan 50% dieper gelê word as die huidiges om onderbrekings te beperk. – Business Insider

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters