2 maande gelede
ANC-oog op bank
 President Cyril Ramaphosa. (Leon Sadiki, City Pre
President Cyril Ramaphosa  ~ leon sadiki

PRES. Cyril Ramaphosa se aankondiging Donderdag dat die regering voortgaan met planne om die Reserwebank te nasionaliseer, het tot “chaos” in die finansiële wêreld gelei.

So sê Bianca Botes, korporatiewe bestuurder by Peregrine Treasury Solutions.

Die prez hou dik die staat gaan wegdoen met Suid-Afrika se sentrale bank se 700 private aandeelhouers.

Dit volg op ’n resolusie deur die ANC op sy 54ste konferensie in 2017 by Nasrec – waar Ramaphosa tot ANC-president verkies is – om die Reserwebank 100% staatsbesit te maak. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters