4 maande gelede
Akademie kry sonkrag
TOEKOMS: Sonpanele werk goed. Foto: WIKIMEDIA  ~ 

DIE Proteahoogte Akademie in Kaapstad sal die eerste skool met sonkrag in die Wes-Kaap wees wat sonder vooraf-betaling of bedryfskoste geïnstalleer word, het die provinsiale onderwysdepartement vandeesweek aangekondig.

Die projek vind plaas in samewering met The Sun Exchange, ’n wêreldwye mikrobruikhuurmarkplatform vir sonkrag as deel van sy program vir Suid-Afrika.

The Sun Exchange het tot dusver sewe projekte oor die land heen suksesvol ontplooi om “bekostigbare, skoon krag vir organisasies op te wek”.

Die Proteahoogte Akademie spesialiseer in wiskunde, wetenskap en tegnologie. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters