7 dae gelede
Ag join SABC-raad
 ~ 

AG NUWE SABC-raadslede het pres. Cyril Ramaphosa se goedkeuring gekry, het die presidensie Vrydag aangekondig.

Die parlement het die aanstelling van die kandidate in Maart goedgekeur nadat die toesigkomitee vir kommunikasie met hulle onderhoude gevoer het.

Alle vakante poste by die sukkelende openbare uitsaaier is nou gevul.

Die ag nuwe lede is Mary Papayya, Jasmina Patel, adv. Motshedi Benjamin Lekalakala, prof. Saths Cooper, dr. Marcia Socikwa, Mamoduphi Mohlala-Mulaudzi, Bernedette Muthien en David Maimela. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters