Verlede maand
Zim-president bly
Pres. Emmerson Mnangagwa  ~ 

ZIMBABWE se opposisie het Vrydag die uitslag van die verkiesing “fake” genoem en dit verwerp nadat pres. Emmerson Mnan­gagwa as die wenner aangewys is.

Zimbabwiërs het vroegdag die nuus gehoor dat Mnangagwa, ’n voormalige bondgenoot van Robert Mugabe, volgens die verkiesingskommissie met 50,8% van die stemme gewen het. Dit was die eerste verkiesing sedert die outokraat Mugabe laas jaar uit die kussings gelig is.

Die naelskraapse oorwinning is net genoeg om ’n run-off te vermy teen die opposisieleier Nelson Chamisa, wat die verkiesingsuitslag verwerp het. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters