3 maande gelede
Zim moet nuwe prez kies
Emmerson Mnangagwa Foto: AFP  ~ 

ZIMBABWIËRS gaan môre stembus toe om hul volgende president te kies. Dis die eerste keer dat ál Zim se mense gaan stem sonder oudpres. Robert Mugabe op die stembrief.

Dié verkiesing is die hoogtepunt van die dramatiese politieke gebeure sedert 6 November 2017 toe Mugabe sy adjunk, Emmerson Mnangagwa (nou die president), afgedank het.

In dié verkiesing ding pres. Mnangagwa mee as een van altesaam 23 presidentskandidate, insluitend die 40-jarige Nelson Chamisa van die grootste Zimbabwiese opposisie-alliansie, die Movement for Democratic Change (MDC).

Mnangagwa het tot dusver volgehou dat hy hom verbind tot ’n “vry en regverdige verkiesing”. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters