Verlede maand
Zim cops ‘erger as Britte’
CHAOS: Die cops looi die mense. Foto: AP  ~ 

ONLUSTEPOLISIE in Zimbabwe het Vrydag in Harare traangas op betogers gevuur en hulle geslaan in streng optrede van die regering teen sy opposisie.

Skares het in die Africa Unity Square byeengekom om teen die verslegtende ekonomie te betoog in weerwil van ’n verbod wat Vrydag deur Zimbabwe se howe bekragtig is.

Ondersteuners van die opposisieparty Movement for Democratic Change (MDC) het liedjies gesing wat polisiegeweld veroordeel, terwyl die cops traangas geskiet het.

Die cops het ’n groep betogers met knuppels dik getik.

’n Man wat anoniem wou bly, meen: “Dié is erger as in die koloniale tye!” – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters