Verlede maand
Yank gooi bal vir goeie saak
Skermgreep: YOUTUBE  ~ 

’N OU van Idaho het 220 keer raakgevat terwyl hy drie basketballe ’n minuut lank gejuggle het.

Só het hy die Guinness-wêreld­rekord opgestel.

David Rush, wat meer as 100 Guinness-rekords agter sy naam het, moes twee keer by die Lake Hazel Biblioteek in Boise probeer voordat hy suksesvol was.

Sy doelwit is om Stem-vakke (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde) in die onderwys te promote. Rush sê hy wil nog ’n paar ander juggle-rekords verbeter. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters