4 maande gelede
Wyn-ketting nuwe rekord
Foto: fACEBOOK  ~ 

IN CHINA was meer as 2 000 mense aan die elmboë ingehaak om ’n Guinness- wêreldrekord­ vir wyn drink met die bekers oorkruis op te stel.

Altesaam 2 020 deelnemers het Sondag in Haidong in die provinsie Qinghai by mekaar ingehaak en ’n dop gevat. Hulle het kulturele drag aangehad en het in die Tu-kultuur se tipiese sonneblompatroon gestaan.

Guinness se mense was daar om die rekord te bevestig en het die ampte­like sertifikaat oorhandig. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters