27 dae gelede
Wuhan afgesper oor virus
Soldate hou wag.  ~ GNEWS.ORG

WUHAN en 12 ander Chinese stede (41 miljoen mense) is onder kwarantyn geplaas. Treindienste, vlugte en reise per pad is opgehef. Dit volg nadat die amptelike dodetal weens ’n nuwe corona-virus tot 41 gestyg het en 1 287 mense besmet is.

Die owerhede het gesê niemand mag in- of uitgaan sonder ’n goeie rede nie. Dis ook verpligtend om ’n beskermende masker buite te dra.

Foto’s op Twitter wys rye soldate wat wag staan by treinstasies. Gister was Nuwejaar in China en miljoene mense reis dan. – Business Insider

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters