Verlede maand
Wêreldbank bied grants aan
Nadraai: Sikloon Kenneth het die Macomia-distrik platgevee.Foto: AFP  ~ 

DIE Wêreldbank sal meer as R7,8 miljard in ondersteuningsgeld aan sikloon-geteisterde lande in suidelike Afrika beskikbaar stel. Só het die bank se hoof Vrydag ná ’n besoek aan Mosambiek gesê.

Hierdie geld is bedoel vir Mosambiek, Zimbabwe en Malawi wat in Maart onder sikloon Idai deurgeloop het.

David Malpass het in Beira gesê: “Sikloon Idai het vroeër vanjaar katastrofiese skade aangerig wat miljoene mense geraak het. En hierdie tragedie is vererger deur sikloon Kenneth.”

Die tweede sikloon het die noorde van Mosambiek ses weke ná Idai getref en ellende meegebring. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters