14 dae gelede
Waterkanon die grootste
WaterkanonFoto: GUINNESS WORLD RECORDS  ~ 

DIE Amerikaanse game show Let’s Make a Deal het ’n sertifikaat vir ’n nuwe Guinness-wêreldrekord gekry nadat hy die planeet se grootste water gun gebou het.

Wayne Brady, aanbieder van dié show op CBS, het die waterkanon laas Vrydag in ’n episode met ’n 1990’s-tema onthul. Dié meneer is ’n allemintige 3,85 m lank.

Kim Partrick, ’n Guinness-beoordelaar, het seker gemaak die bielie kan water skiet en dat hy langer as die vorige rekord van 2,22 m is. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters