14 dae gelede
Vliegtuig spel waarskuwing
DIE BOODSKAPFoto: TWITTER  ~ 

’N OOSTENRYKSE vlieënier het sy flight tracker gebruik om ’n veiligheidsboodskap in dié tyd van Covid-19 uit te dra: “Stay home.”

Die vlieënier in sy Diamond DA40 Star met een propeller het Maandag vanaf die Wiener Neustadt-lughawe opgestyg en 24 minute later in Graz, suid van Wene, geland.

Die flight tracker spel die woorde “stay home” in die lug oor die area uit. Dit eggo die owerhede se raad aan burgers om tuis te bly en Covid-19 te beveg. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters