19 dae gelede
Vingertrekker sleep 'n boot
Skermskoot: EURONEWS  ~ 

’N KRAGMAN van Georgië het dalk ’n nuwe wêreldrekord opgestel toe hy ’n boot van 220 ton met een vinger sowat 5 m ver getrek het.

’n Video wys hoe Giorgi Rostomashvili Sondag ’n tou gebruik het wat om sy middelvinger gebind is om die Tamara 2, ’n sleepboot, te trek.

Die Georgiese Rekordfederasie sê dié poging is ’n nasionale rekord vir die swaarste boot wat met een vinger getrek is. Die federasie hou duim vas nadat bewyse van die rekordpoging voorgelê is aan Guinness World Records. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters