3 maande gelede
Veteraan in Londen vereer
HULDE: Andrew Mlangeni, sy kleinkind Mpumi en nurse Mashoto.FOTO VERSKAF  ~ 

ANDREW Mlangeni (93), ANC-veteraan, het die ereburgerskap van die Stad Londen Vrydag persoonlik ontvang.

Hy kon Denis Goldberg en wyle Ahmed Kathrada nie In 2016 join toe hulle saam met George Bizos en Joel Joffe, hul lawyers tydens die Rivonia-verhoor (1963-1964), dié toekenning ontvang het nie.

Lord Jeffrey Mountevans, voormalige burgemeester, het toe gesê dit was ’n “huldeblyk vir die eerbare en vreeslose moedigheid” van dié mans en erkenning vir hul stryd vir vryheid en rassegelykheid.

Die seremonie was by Guildhall. Oudpres. Nelson Mandela het sy ereburgerskap ook in 1996 daar ontvang. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters