3 maande gelede
Unesco erken Marico-BR
LIMPOPO-RIVIERFoto: WIKIPEDIA  ~ 

SUID-AFRIKA se Marico-biosfeerreservaat (BR) het Unesco se goedkeuring en erkenning gekry.

Die lede van Unesco se Internasionale Koördineringsraad (ICC) het op die 30ste sitting van die Mens-en-Biosfeer-program in Palembang, Indonesië, ten gunste van die insluiting van die SA biosfeer gestem.

Dr. Edna Molewa, minister van omgewingsake, het dit verwelkom en gesê: “Die positiewe reaksie op die aansoek is, ekologies beskou, baie bemoedigend – nie net vir ons land nie, maar ook vir die streek se mense omdat dit ’n belang­rike wateropvanggebied vir die Limpopo-rivier is wat verskeie lande van water voorsien.”

Die Marico-BR is SA se tiende biosfeerreservaat met Unesco-goedkeuring. – Traveller24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters