Verlede maand
Uganda se Bobi nes Juju
Bobi Wine Foto: AFP  ~ 

DIT lyk mos bekend! Uganda het ook ’n politician soos onse Julius Malema van die EFF.

Die 36-jarige Ugandese popster Robert Kyagulanyi Ssentamu, oftewel Bobi Wine, neem ook die leiding in ’n rooi jumpsuit en beret.

Hy pak Yoweri Museveni, wat sedert 1986 Uganda se president is. En dit kan ’n gevaarlik storie word.

Die daggaroker en “ghetto child” is ’n nuwe parlementslid wat sy landgenote vra om op te staan teen ’n regering wat hulle faal. Hy is gekant teen ’n ongewilde tax op die sosiale media en ’n omstrede wysiging van die grondwet om ’n limiet op die ouderdom van die president te verwyder. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters